Heaven is so Real
Video Documentary Transcript
Afrikaans
Translation thanks to Pieter Muller
by Choo Thomas

Gedurende 1992, n Koreaan-Amerikaner met die naam van Choo Thomas

word n wedergebore Christen. Wat hierdie storie uniek maak

is dat twee jaar na haar bekering

Choo deur Jesus Christus van Nasaret besoek is.

Sy is later vele male na die hemel vergesel en is die hel twee maal gewys.

Choo Thomas het n boek oor haar ondervindings geskryf;

Die boek se naam is Die Hemel is n Werklikheid en is publiseer gedurende Oktober 2003.

Binne n jaar na publikasie,

het die boek n internasionale blitsverkoper geword

asook geland onder die top tien Christin Charismatiese boeke in die Verenigde State.

Hoe kan n eenvoudige huisvrou, wat beperkte Engels praat,
nie alleen n boek publiseer nie, maar binne n jaar na publikasie,

word dit n internasionale blitsverkoper?

Of miskien n nog meer belangrike vraag is

hoekom hierdie openbarings nou?

Die Hemel is 'n Werklikheid en hierdie is die storie van Choo Thomas.

Hemelse Vader, dankie dat U my toelaat om te getuig. Halleluja !

Ek is sedert 1992 n Christen

en ek het regtig verlief geraak op Jesus na ek n paar maal kerk toe was

en ek wou elke area van my wese aan Hom gee vir die res van my lewe.

Ek wil kortliks oor n boek met die naam van Die Hemel is n Werklikheid praat.

Die Here Jesus Homself het my Hemel toe geneem

sewentien maal met my transformeerde liggaam,

soos ek gelyk het toe ek 15 of 16 jaar oud was.

Voor dit, het Hy alles stap-vir-stap voorberei.

In 1994 het Hy my hele liggaam gesalf met Heilige Vuur, toe omtrent n maand later,
verskyn Hy aan my met Sy sigbare teenwoordigheid by die kerk gedurende n lofprysingsdiens.

Toe in 1995, Paas Sondag, het Hy my met n bewende liggaam gesalf

en van toe af bewe my liggaam by die kerk en gedurende my bid tyd.

Jy kan sien my liggaam beweeg heen-en-weer op hierdie oomblik,

As ek dit nie doen nie, sal my maag geweldig gespanne word

en dit sal voel of dit wil ontplof; dis hoekom ek heen-en-weer beweeg.
So moet asseblief nie dink dat daar iets fout is met my liggaam nie.

Dit is die Heilige Gees wat dit doen, omdat ek oor Jesus praat.

En toe na dit het Hy my met die Heilige Gees gedoop,

met die spreek van nuwe tale, hemelse liedjies en n heilige gelag.

En ek was so onder die salwing, dat ek vir drie ure op die vloer was,

Ek kon nie opkom nie omdat dit te kragtig was.

Na dit, n paar maande later, het pastoor Larry Randolf oor my profeteer

Hy het vir my gesê dat God my op so n spesiale manier wil gebruik.

En al sy profesieë het waar geword, n duisend maal, meer.

Na dit, in Januarie 1996, die Here Jesus,

Hy het my besoek in Sy sigbare teenwoordigheid.

Hy het my 10 maal besoek om vir my te se dat Hy my gaan gebruik,
en al Sy planne het Hy my van vertel soos in die boek.

Maar Hy het nie vir my gesê dat Hy my hemel toe gaan neem nie.

so, na 10 maal, 19 Februarie, 1996,

Het Hy begin om my hemel toe te neem in my trasformenerde liggaam,

soos Sy Geestelike liggaam, was my liggaam ook

Elke keer voor Hy my Hemel toe neem, het Hy my na die aardse strand toe geneem.

Die heel eerste maal voor Hy my hemel toe geneem het,

het Hy my na een deel van die strand toe geneem en aan my n klein hoeveelheid water gewys wat kristal helder was

daarna het Hy my n reusagtige tonnel gewys. En na dit het Hy my hemel toe geneem.
Na ons deur die tonnel is skryf Choo:

gHet ek en die Here padlangs geloop wat van die heuwel af gekom het.

Uiteindelik het ons n reusagtige wit hek bereik wat voor n groot wit gebou was.

Ons het deur die hek geloop en verder gegaan na die wit gebou toe.

Ons het binne gegaan en in n lang gang afgeloop wat na n baie groot vertrek gelei het.

Wat ons toe binne gegaan het. Soos ek afkyk, besef ek die eerste maal
dat ek n ander kleed aan het as toe ek op die strand was,

en ek kon voel dat iets swaar op my kop gerus het.

Ek het my hande uitgesteek en ontdek dat n pragtige kroon op my kop gesit is, sonder dat ek dit besef het.

Toe kyk ek direk na die Here.

Hy het op n troon gesit en Hy het a glansryke mantel en n goue kroon gedra.

Ander was daar saam met my, kniellend op die vloer en het hulself uitgestrek voor Hom.
Die mure van die vertrek het bestaan uit groot skitterende stene wat gegloei het.

En die veelkleurige stene het aan die vertrek n effek verleen wat

warm en vrolik, asook geheimsinnig was.

Toe, net so vinnig as wat ek teen die berg op begelei is

en in die wit gebou in is, het ek myself weer op die strand bevind.

Die heel eerste keer het Hy my net Sy troonkamer gewys.

Daarna het ons van die hemel af gekom

en toe het ons op die aardse strand gesit.

En toe het Hy begin praat. Hy het gesê dat ons nou net na die Koninkryk van die Hemel toe was.
Die enigste persone wat soontoe sal gaan is die wat gehoorsaam en rein van hart is.

En Hy het gesê Verkondiging van die evangelie is baie belangrik en toe het Hy vir n rukkie gewag.
Hy het gesê dat die wie nie hulle tiende gee nie, ongehoorsame Christene is.

Dit was die laaste woorde wat Hy gesê het op die eerste besoek.

Choo het daarna die hemel nog 16 keer besoek, in elk van hierdie besoeke skryf sy:
In my transformeerde liggaam het ek saam met die Here op die strand gestap.

En dan het Hy my na die hemel vergesel.

Ons het deur die pêrel hekke gestap en na die wit gebou gegaan om ons klere te verander.

Na ons verklee het, het ons oor die goue brug gestap.

Dit alles het so natuurlik vir my begin word.

Elke gelowige, is ek seker van, sal deur dieselfde prosedure gaan wanneer hy of sy hemel toe gaan.

Na dit het Hy my nog 16 maal hemel toe geneem.

Elke keer as Hy my soontoe neem het Hy my verskillende dinge gewys.

En wanneer Hy my spesiale dinge gewys het,

het Hy altyd gesê Ek het dit vir My kinders voorberei, Ek weet waarvan hulle hou
Soos toe Hy my die strand gewys het, het Hy gesê sien jy dogter hoe pragtig hierdie strand is

Ek weet My kinders hou van hierdie strand en toe het Hy my geneem om te gaan visvang,
Ek weet My kinders hou daarvan om vis te vang,

gdis hoekom Ek soveel dinge waarvan hulle hou voorberei het

En ek het besef dat dit n duisend maal mooier in die hemel is as op Aarde.

maar daar is baie dinge soos op die Aarde soos paaie, geboue, bome,

bosse, rotse, blomme, onbewerkte dele buite die Koninkryk;

Daar is net soveel dinge daar;

maar hulle is net n duisend maal mooier as aardse dinge, net pragtig.

Die prag van die Hemel is onbeskryflik en ek kan nie eers beskryf

hoe mooi hulle is nie, net pragtig.

En toe het ek besef hoe lief Jesus vir elkeen van ons is.

Die manier waarop Hy met my gepraat het en vir my gesê het

Jy sien hoe lief is Ek vir my kinders en Ek het als vir My kinders gedoen jy weet.

Dit is hoekom Hy my soontoe geneem het, om my te wys wat Hy vir Sy kinders voorberei het,

so, laat elkeen van ons weet wat in die hemel vir ons wag,

so voor Hy kom wil Hy hê die Christene moet hierdie dinge weet,
sodat hulle opgewonde kan wees om soontoe te gaan.

Dit is hoekom ek dink Hy aan my hierdie dinge gewys het.

Hy vertel nie aan my alles deeglik nie, jy weet,

Hy wys net aan my sekere definitiewe dinge,

Sê slegs baie min woorde, noodsaaklike woorde se Hy vir my.

Dit is die Liefdevolle God wie Hy is. Prys U Here.

Buiten om die hemel te ervaar, is Choo ook twee maal die hel gewys.

Hieroor skryf sy:

Ek kon dampe en donker rook sien opstyg uit n diep put.

Dit was soos die krater van n vulkaan.

En binne-in kon ek vlamme sien wat n menigte mense verskroei terwyl hulle skree

en huil op die manier van marteling wat alleenlik die erg verbrandes ken.

Die mense was naak, sonder hare en het na aanmekaar gestaan,

wriemelend soos wurms, en die vlamme het hulle liggame geskroei.

Daar was geen ontvlugting vir die wie in die put was nie sy mure was

was te diep vir hulle om uit te klim en die warm kole van vuur was reg rondom die kante.

Al het die Here dit nie aan my gesê nie,

het ek geweet ek staan op die rand van die hel.

Wat Hy my ookal in die hemel gewys het was sulke opwindende en ontsagwekkende dinge

maar daarna het Hy my die hel gewys. Hy het my hel toe geneem,
Die eerste ding wat ek binne-in gesien het was vuur, maar dit was n diep, donker, eindelose gat.

Mense was naak en sonder hare.

Hulle het geen hare en geen klere aan gehad nie, almal was kaal.

Hulle het so naby aanmekaar gestaan.

Dit het gelyk of hulle teen mekaar gestoot het want hulle wou

van die vuur af wegkom. Elke keer as hulle beweeg, het die vuur hulle gevolg,

heen-en-weer, heen-en-weer, die hele plek was vuur,

hierdie mense het so naby aanmekaar gestaan.

Hulle het in soveel pyn en ongelukkig gelyk en ek kon nie help om so baie oor hulle te huil nie.
Toe het die Here my n tweede maal soontoe geneem en ek het die selfde mense weer gesien.

Toe het ek stemme gehoor en in daardie rigting gekyk, so baie Oosterlinge daar.
En hierdie een dame, sy het vir my gewaai en gesê dis so warm, so warm.
Ek het na haar gekyk en ons oë het mekaar sin ontmoet. Dit was my moeder.
Toe ek besef dat dit my ma is het my hart net gesink en ek het begin huil.

Ek het nog nooit soveel pyn ervaar nie, net pyn.

So pynvol, ek het nie geweet wat om te doen nie.

En sy het bly sê dis warm, warm en sy het vir my gewaai.

En soos ek dit gesien het, wou sy gehad het ek moet afgaan om haar te help.

Toe kyk ek na ander mense en daar was my pa,
My stiefma, my jong nefie, hy is baie jonk dood,

en twee vriende wat ek geken het.

Ag, dit was sulke pynvolle herinneringe en ek het aanhou huil en huil,

Toe het die Here Jesus my vertel Dogter, Ek het n goeie rede dat ek jou hierdie dinge wys.

g maar Ek kry meer seer as wat jy kry

Uumm. En ek se toe vir Hom: Here, my moeder, sy is vroeg dood, sy was siek vir n baie lang tyd.

Ek dink nie sy was n slegte persoon nie.

Hy se toe Dit maak nie saakmaak hoe goed mense is nie,

maar wie My nie ken nie, dis al plek waarheen hulle gaan.

Maar in my hart het ek gesê: Hoekom wys U my dit om my op hierdie manier seer te maak?

Ek het daaraan gedink, maar ek kon nooit kwaad wees vir Hom nie.

Ek kon nie Sy gesig sien nie, maar ek het, geweet Hy huil saam met my.

Ek het dit bloot gevoel. Hy het so ongelukkig gelyk, toe het Hy aan my kop geraak en my hand gevat,
Ons het daar uitgeloop en ek het die hele tyd gehuil terwyl ons loop.
Wel, in die boek verduidelik ek die besonderhede,

So, toe, met die volgende besoek het Hy my nog n ander tragiese ding gewys.

Dit was aborteerde babas. Hy het my na hierdie een plek geneem, dit was n reusagtige gebou.
Dit het soos n pakhuis gelyk. Toe ons instap het ek net babas gesien.
Klein, klein kaal babatjies. En hulle het langs mekaar gelê .
Humm, en ek het begin huil. Here hoekom is daar soveel babas?

Hy het gesê dat hulle aborteerde babas was. Ek het gesê: wat gaan U met hulle doen?
Hy het gesê dat as hulle mas gered word en hulle kom hemel toe,

hulle hulle babas sal terug kry.

Tydens haar 17de uitstappie hemel toe, het Jesus aan Choo gesê dat dit haar laaste keer sou wees soontoe.

Hieroor skryf sy: Sy woorde het my diep geroer
My hart het eintlik gepyn met liefde vir my Here.

Hy het opgestaan en ek het geweet dat dit tyd was om te gaan. Ek het voortgegaan om te huil,
maar my hart was opnuut verseker met die wete dat ek vir ewig met die Here sal wees

en dat Hy altyd by my op die aarde sal wees.

By die kleedkamer, het n engel van die Here my omhels.

Dit was so verfrissend om in n plek te wees waar soveel liefde,

medelye en begrip altyd teenwoordig was.

Soos ek ander klere aantrek, het ek vermoed dat beide Abraham en
die engel geweet het dat dit my laaste besoek aan die hemel sou wees.

Toe ek uit die aantrekkamer loop, het die engel my weereens gedruk.

Hierdie engel het blonde hare, vloeiende wit mantels en n warm sagte gesig gehad.

Die engel het vir my geglimlag soos ek na die Here toe stap.

Toe die Here Jesus my die 17de keer hemel toe geneem het, het Hy my wolke gewys.

En dit was die einde aan my hemelse besoeke.

Die Here Jesus het aan my gesê: Dit is die laaste keer wat jy hier is.

gEk sal jou nie hiernatoe bring voor die laaste dag nie

Ek het net gevoel ek weet dit, dit was die laaste dag.

En ek het begin huil, want ek wou nie daar weggaan nie.
Ek het Sy arm vasgehou en gesê: Here, asseblief, moenie my laat gaan nie
Ek wil nie gaan nie, want ek wil oor-en-oor hierheen kom.

Dit was baie, baie hartseer vir my, dat ek nie meer soontoe kon gaan nie,

Omdat elke keer as ek saam met Hom hemel toe gegaan het, het ek treurige goed gesien,

maar vreugde, vrede, ek kan dit nooit beskryf nie, kan nooit beskryf die vreugde, vrede wat ek saam met Hom gehad het nie

Selfs ongelukkig, ek het steeds die vreugde, die vrede gehad.

Soveel liefde, ek het menige dae oor dit gehuil.

Die Bybel praat van a dag wanneer Jesus Christus weer sal kom vir Sy kerk.

In 1 Tessalonisense 4:16 staan: Die Here self sal afdaal van die hemel af

met n harde bevel, met die stem van die aartsengel

en met die trompet van God wat weerklink, en die wat reeds gesterf het sal eerste saam met Christus opstaan

daarna sal ons wat nog lewe en oorgebly het

saam met hulle opgeneem word in die wolke

gom die Here in die lug te ontmoed. En so sal ons saam met die Here wees vir ewig

Dit is bekend as Die Wegraping

Na al hierdie dinge, omtrent twee weke later, Here Jesus,

Het Hy my in my en Sy geestesliggaam na die strand geneem

En ons het op ons gewone plek gesit en vir n rukkie gesêls

Hy het gesê: Ek wil jou iets wys

Die oomblik toe Hy dit gesê het, het ek my visioen-stem gehad.

elke keer wanneer Hy my iets spesiaals wys kry ek my spesiale visioen-stem

Dit kom diep uit my liggaam, uit my maag .

Dit was so hard en hierdie visioen-stem het vir n lang ruk geduur.

Ek kon geluide hoor, sulke harde, harde geluide,

Ek het gevoel of die hele wêreld ineen tuimel, sulke harde geluide, net aaklige geluide

Toe ek kyk was die hele lug wit.

Mense met wit togas aan het oral gevlieg, net oral uitgekom,

uitgekom en dan verdwyn en dan weer uitgekom, die lug was gevul met mense.

Ek het toe besef dis die Wegraping.

Ek het gelag, gehuil, geskree, was so opgewonde,

En toe het ek my kleindogter gesien, sy is net tien maande oud, sy het nie hare gehad nie,

Skielik vlieg sy deur die venster vanuit die kamer.

Toe met n wit toga en haar hare het op haar skouers gehang.

Jy kan dink hoe opgewonde ek was.

Toe die volgende oomblik het ek my ander kleindogter gesien,

Sy was net vier maande oud en sy ook het nie hare gehad nie.

Sy het toe nes die ander een by die ruit uit gevlieg met n wit toga aan.

En haar hare het ook tot op haar skouers gehang.

Ek het geskree, gehuil, gelag, was so opgewonde

Ek was nog nooit voorheen so opgewonde nie, net opgewonde, die hele huis kon dit hoor.

Was goed my man was nie by die huis nie.

As hy daar was sou hy verseker gedink het daar is iets fout met my.

Na dit het God my n ander toneel gewys.

Hierdie toneel was baie tragies. Dit was aaklig.

Die Bybel praat ook van n tyd van groot verdrukking, kort na die Wegraping

In Matteus 24: 21-22 se Jesus: Want in daardie tyd sal daar groot verdrukking wees,

g soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie

As God nie daardie dae ingekort het nie, sou geen mens oorleef het nie,

maar ter wille van die uitverkorenes sal God daardie tyd inkort

Dit is ook bekend as Die Groot Verdrukking

Wel, na dit, het die Here Jesus my n ander visioen gewys.

Dit was mense wat agter gebly het. Ek glo tussen hulle was n groot hoeveelheid Christene.
Dis hoekom hulle gehardloop het, reg?

As hulle nie Christene was nie sou hulle nie gehardloop het nie, jy weet.

Maar die polisie was oral, mense was oral en

hulle het net gehardloop, bang met paniekbevange gesigte, op pad motors toe,

oppad bote toe, hardloop berge toe.

Hulle het bloot nie geweet waarheen om te gaan nie,

net soos wanneer hulle deur n monster of iets gejaag word , jy weet.

So bang, jy weet, aaklige, dit was n aaklige toneel.

En na dit get die Here Jesus aan my gesê,

Hy het gesê: Dit wat jy nou gesien het, niks gaan wees teen wat gaan gebeur wanneer daardie dag kom nie.

En na dit het Hy vir my gesê: Wanneer al my mense weggeraap is, sal satan die wêreld oorneem

g en hy wil het dat almal die nommer 666 moet ontvang

En almal wat weier om dit te kry, sal onthoof word.

So enige een wat nie die merke van die dier , die nommer 666, ontvang nie,

hulle gee hulle harte vir Jesus, hulle wil met Hom vir ewig en ewig wees, Openbaring 20:4
En dan , die wie die merk van die dier 666, ontvang,

hulle sal almal in die poelle van vuur gegooi word vir ewig en ewig;

Hulle sal daarin brand dag en nag sonder rus, Openbaring 14:11.
So elkeen moet van hierdie dinge weet

en onthou, as jy onthoof wil word, dit sal nie n maklike uitkoms wees nie.

Hulle sal soveel gemartel word voor hulle onthoof word,

omdat satan hulle nie sal toelaat om maklik in te gee nie.

So, wie ookal hierdie boodskap hoor,

asseblief, as jy nie n naby verhouding met ons Here Jesus het nie,

doen asseblief iets omtrent jou verlossing.

Ook, as jy agterbly, maak nie saak wat dit kos nie,

moet nooit, nooit die merk van die dier, die nommer 666 aanvaar nie.

Dis beter om n rukkie te ly, as wat jy vir ewig en ewig in die hel

se vuur brand en asseblief, neem dit wat ek sê, ernstig op.

Die boek, Die Hemel is n Werklikheid, word tans in baie verskillende tale vertaal

en reg oor die wêreld versprei.

Daar is ook n MP3 weergawe van die boek, wat van die internet afgelaai kan word.

Wel , die boek doen wonderlik. En die boek is n internasionale beste verkoper.

Die Here het Dr. Yonggi Cho gebruik en hy het hierdie boek vertaal.

Dit het hom omtrent twee maande geneem om die boek te vertaal, waar dit gewoonlik ses tot sewe maande neem.

So die dag toe die boek gedruk is, het dit in Korea ontplof en is n nommer een blitsverkoper daar.

En God Almagtig het Dr Yonggi Cho in so n wonderlike manier gebruik.

Hy het amper 800,000 lidmate in sy kerk,

So God gebruik hom vir hierdie boek, Hy het hom gekies vir hierdie boek.

Prys U Here, en die boek is ons Here Jesus se Eindtyd boek.

Hy wil he al die Christene moet hierdie boek lees en getuies wees aan andere

en dit is wat baie mense besig is om te doen.

Wanneer hulle een boek koop, koop hulle dosyne, hulle koop honderde,

en hulle sê dat dit die beste getuig-instrument is naas die Bybel.

En dan ontvang ek soveel Eposse, Ek het nie meer tyd vir my eie nie.

En veral wanneer ek Epos van klein kindertjies van 12, 13 jaar ontvang.

Hulle sê dat hulle so verlief is op die boek.

Hulle is so lief vir Jesus, hulle noem dit die Jesus-boek en hulle word verander deur die boek

Sommige van hulle sê: Moet ek skool los om God se werk te doen?

Ek se vir hulle hulle moet nooit skool los nie

Jy moet leer, God wil hê jy moet n geleerdheid hê. Dis wat ek vir hulle sê, jy weet.

Maar ek sê, wat jy ookal doen, plaas God net eerste

Wanneer ek hulle Epos beantwoord is hulle so bly,

Jy weet, duisende , der duisende lewens word verander

met hierdie boek, want dit is Jesus se boek.

En Hy het al Sy beloftes van hierdie boek vervul, van begin tot einde.

Hy het aan my gesê, wel , Hy sal vir alles sorg, van begin tot einde.

Wel ek het aan Hom gesê dat ek bekommerd is oor baie dinge, jy weet?

toe het Hy vir my gesê: Hoekom is jy bekommer, dis My boek

Ek sal daarvoor sorg Hy het dit altyd vir my gesê.

Maar Hy sorg vir alles van die begin tot en met die einde.

Wie ookal hierdie boek lees, hulle weet dit is Jesus se boek, en Hy het vir alles gesorg.

So, Al Sy beloftes aangaande hierdie boek, het Hy volbring.

Nou, al wat oorbly is my dans-bediening.

Hy het my opgelei vir my dans-bediening.

Dit is 'n heilige dans, Hy het dit gedoen vir drie jaar, en ek dans in die kerk vir twee jaar.

Nou wag ek amper drie en n half jaar.

Wag is die swaarste om te doen wanneer jy God dien.

Jy weet ek moes sewe jaar wag voor Hy die boek publiseer het.

Soms het ek gedink, Gaan Hy ooit hierdie boek Publiseer? Maar Hy het Sy woord volbring, sien jy.

Aan die einde van haar Hemelse besoeke maak Jesus aan Choo Thomas n spesiale belofte
Wel, die einde van die besoeke was na ek die manuskrip van die boek gedoen het.

Toe het Hy my na die aardse strand geneem. Ons het omtrent twee ure spandeer.
Hy het vir my gesê dat Hy my elke Maandag soontoe sou neem. Dit was die 27ste Mei 1996.
Van toe af het Hy nog nie eenmaal gemis nie.

Hy vat my soontoe elke Maandag oggend in my transformeerde liggaam.

Hy maak my wakker n paar minute na 12 uur elke Maandag oggend

Hy laat ruk my liggaam vir 30 minute, presies 30 minute, nooit minder en nooit meer nie.

en Sy teenwoordigheid word sigbaar en Sy Geestelike liggaam en my geestelike liggaam gaan dan strand toe.

En wanneer ons daarheen gaan, jy weet, doen Hy die meeste praatwerk en ek luister.

Dan sing en dans ek in my geestelike liggaam

En op hierdie oomblik is dit die beste tyd van my lewe.

Volgens die Skrif is die rede waarom Jesus aan die kruis moes sterf Joh 3:16

Want God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het

sodat die wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê

Daarom, volgens Romeine 10:9 A jy met jou mond bely dat Jesus die Here is

en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Wel, ek hoor soveel mense sê: Wie gee om na ek dood is, hee, hee, hee, soos dit, jy weet.

Dan sê ek: Jy beter omgee na jy dood is. Dit was toe ek getuig het.
Wanneer jy doodgaan, gaan jy slegs na een van twee plekke, of hemel, of hel toe.

Hulle sê: Aaaaggg, wie gee om na ek dood is

Hulle praat asof hulle niks weet nadat hulle dood is nie.

Ek sê, jy beter omgee nadat jy dood is. En die rede?

Selfs wanneer jy doodgaan, jou liggaam sterf. Jou gees en siel sterf nooit.

Dit is hoekom jy pyn, geluk, blydskap, als kan onthou, nes toe jy geleef het.

Hulle glo my steeds nie, ooooo, hulle word kwaad vir my.

Ek sê: Ek hoop julle onthou eendag wat ek gesê het

Ken jy vir Jesus? Dan sê hulle: Ek ken God
Dan sê ek: Wel Jesus is God. Hy is die Vader, Hy is die Heilige Gees, Hy is alles
As jy nie vir Jesus ken nie, gaan die feit jy God ken jou nie hemel toe neem nie.

Ek praat en praat net, maar die meeste van hierdie mense wil nie hoor nie.

Ek sê net vir hulle: Wel, julle wil dit nie glo nie. Ek hoop eendag sal julle glo.

En ek praat en praat , maar hulle wil nie die verlossingspaket aanvaar nie.

Jy weet wat sê ek? Ek sê: Goed, Jy wil nie hierdie verlossingspaket aanvaar nie, dis goed

gmaar eendag, jy sal weet dat al God se mense weggeraap sal word

dan sal jy weet wat ek nou van praat

maar ek vra jou, wanneer daardie tyd kom, moet nooit die nommer 666 aanvaar nie

As jy dit aanvaar, gaan jy in die hel brand vir ewig en ewig en ewig

So moet asseblief, asseblief, asseblief nie die nommer 666 ontvang nie

Sal jy asseblief onthou? Jy weet, sommige van hulle sê: OK.
Ek sê dit vir baie, baie mense.

Enige een wat nog nooit die verlossingsgebed gebid het nie, sal ek nou voor wil bid.

Bid asseblief agter my aan: Here Jesus,
ek glo dat U die Seun van God is en dat U vir my gesterf het.
Kom woon asseblief in my hart en wees my Heer en Verlosser.
Ek vra dat U al my sondes vergeef

en reinig my met U waardevolle bloed,

Neem beheer oor elke area van my lewe van hierdie oomblik vorentoe.

Jesus, vul my met U Heilige Gees en bemagtig my om vir U Glorie gebruik te word.
Ek wil U dien, U lief hê, U gehoorsaam, al die dae van my lewe
en wil n verskil maak in ander se lewens.

Vader, dankie dat U my U kind maak.

In Jesus se Heilige Naam. Amen. Halleluja!
Enige een wie hierdie gebed saam my gebid het,

gaan asseblief kerktoe, luister na die Woord van God deur pastore,

en lees die Bybel elke dag, studeer dit.

Bid klomp keer per dag en hê n verhouding met Jesus.

Dankie. Amen. Halleluja

Namens Choo Thomas Bediening, dankie dat U die program gekyk het.

In Die Hemel is n Werklikheid het Jesus gesê dat Hy terugkom vir Sy kerk gouer as wat ons dink,

so maak gereed en gee aan God al die eer.

Heaven is so Real
Video Documentary Transcript
Afrikaans
by Choo Thomas